Jeug in Mosambiek moet betaal om werk te kry

Jongmense in die Inhambane-provinsie in die Suide van Mosambiek sê hulle moet tussen 1 700 en 8 800 Namibiese dollar in omkoopgeld betaal as hulle ‘n werk wil bekom. Hulle eis dat die regering ingryp en die afpersing stopsit. Berigte lui dat talle jongmense in die provinsie sukkel om ‘n werk te kry al het hulle kwalifikasies en sou daar ‘n pos beskikbaar wees, gaan hy aan die hoogste bod. Van die gemeenskapslede sê hulle is reeds jare werkloos eenvoudig omdat hulle nie geld het om te betaal nie. Selfs in regeringskantore word omkoopgeld geëis en dan moet daar blykbaar betalings gemaak word deur die persoon na hy of sy die werk gekry het.