Jerry se gade-wet is op pad na Geingob se tafel – wat nou?

Reaksies word ontvang op die Nasionale Vergadering se goedkeuring van die mosie oor ‘n wysigingswetsontwerp op die huwelik deur die Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo. Dit kom nadat die mosie verskeie kere bespreek sou word, maar dit nie gebeur het nie. Die wetsontwerp, wat ‘n “eggenoot” definieer om die erkenning van selfdegeslaghuwelike te omseil, word nou aan president Hage Geingob gestuur vir finalisering. Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpentrum…