Japannese prinses Mako trou, doen afstand van koninklike statusOctober 1, 2021

Japannese owerhede het vandag aangekondig prinses Mako trou op 26 Oktober met haar verloofde. Die nie-adellike Kei Komuro is haar voormalige klasmaat. Hulle het ontmoet toe hul aan die Internasionale Christelike Universiteit in Tokio studeer het. Internasionale media berig die omstrede verhouding vereis sy moet afstand doen van haar koninklike status. Die 29-jarige kleindogter van die voormalige keiser Akihito en Komuro het in 2017 die eerste keer hul verlowing aangekondig. Die huweliksdatum is uitgestel ná ‘n finansiële geskil tussen Komuro se ma en dié se voormalige verloofde.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *