Janusz Walus se parool eers ná mediese klaring

Die Suid-Afrikaanse departement van justisie sê die parool van Chris Hani se moordenaar Janusz Walus sal afgehandel word nadat hy die nodige mediese klaring ontvang het van ‘n mediese span. Walus is Dinsdag deur ‘n mede-gevangene in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria gesteek. Hy ontvang behandeling in die tronk. Die Poolse burger sou vandeesweek op parool vrygelaat word ná ‘n uitspraak deur die Konstitusionele Hof verlede week.