Jannie du Plessis oefen weer, maar speel nog nie

Die Lions-unie het bevestig die Springbok-stut Jannie du Plessis het weer begin oefen, maar die uitvoerende hoof, Rudolf Straeuli sê hulle verwag nie dat hy gou ‘n wedstryd sal speel nie. Dit volg nadat sy babaseuntjie verlede week verdrink het. Straeuli sê dit was ‘n emosionele week vir die spelers en hulle gesinne, sowel as die hele Suid-Afrikaanse rugbygemeenskap. Hy verwag Du Plessis sal Sondag op Ellispark in Johannesburg op die pawiljoen wees wanneer die Lions teen Cardiff te staan kom in die Verenigde Rugbykampioenskap.