Janneman het sy kolfkans geniet

Die Proteas het hulle toer deur die Verenigde Koninkryk afgeskop met ʼn nederlaag van ses paaltjies teen die Engelse Leeus in Taunton. Suid-Afrika het die loot gewen en besluit om eerste te kolf, met Janneman Malan se 103 van 116 balle die hoogste telling in die beurt van 318 vir nege. Die tuisspan het dié teiken bereik met Ben Duckett 85 lopies bygedra het. Malan sê dit was goed om ʼn bietjie kolfkans te kry voor die Internasionale T20-eendagreeks teen Engeland wat volgende Dinsdag begin.