Jacques Nienaber praat oor die Bokke

Rugby: Hulle leuse om nie verskonings te soek nie, maar om oplossings te vind het Suid-Afrika gehelp om die toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus met 2-1 in hulle guns te beklink. Dit is die mening van die Springbokke se hoofafrigter, Jacques Nienaber, na ‘n spannende derde toets gisteraand in die Kaapstad-stadion wat hule met 19-16 gewen het. Die Bokke se kaptein, Siya Kolisi, het Cheslin Kolbe en die agterlyn vir hulle pogings geloof. Hy sê die span het ‘n goeie spel-etiek en hulle leuse gaan hulle help om gereed te wees vir hulle twee toetse teen Argentinië.