Jacques Burger sê oor VRK-eindstryd Saterdag

Saterdag vind die eindstryd van Verenigde Rugbykampioenskap tussen die Suid-Afrikaanse spanne, die Stormers en die Bulle op die Kaapstadse stadion plaas. Die Bulle moet na ‘n indrukwekkende oorwinning oor Leinster in die halfeindstryd, hul spelpeil volhou om die Stormers in Kaapstad te klop. Jacques Burger, die voormalige kaptein van die Namibiese Welwitschia-span, deel sy verwagtinge met Kosmos 94.1 Nuus.