Jacques Burger moedig Welwitschias aan met derde-plek wedstryd

Namibiese rugbylegende Jacques Burger het die Welwitschias voorspoed toegewens vir hulle derde plek wedstryd wat oor ‘n uur in Kampala, Uganda tene Kenia by die Rugby Afrika-beker afskop. Dit is die eerste keer in 12 jaar wat Namibië of Kenia nie in die eindstryd is nie.