Jacob Zuma-stigting verwelkom mediese parool vir oudpresident

Die Jacob Zuma-stigting het die voormalige president se vrylating op mediese parool verwelkom. Die Departement van Korrektiewe Dienste het gister bevestig dat Zuma vir mediese parool in aanmerking kom ingevolge ‘n mediese verslag wat die departement ontvang het. Hy is in Julie tot 15 maande gevangenisstraf gevonnis weens minagting van die hof. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê Zuma is steeds in die hospitaal: