IVP verskil van Konstitusionele Hof oor sperdatum vir kandidatelyste

Die Inkatha Vryheidsparty verskil van die Konstitusionele Hof se siening dat die uitstel van die registrasie-sperdatum vir kandidatelyste in ooreenstemming met die wetgewende stelsel is en ‘n vrye en regverdige verkiesing sal bevorder. Die IVP se woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê hulle het gehoop die Konstitusionele Hof sal die goedertrou van die Onafhanklike Verkiesingskommissie se mening verder ondersoek, maar beperkte tyd het dit moontlik voorkom.