Ivoorkus se President besoek Vrydag SA

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal Vrydag die gasheer wees vir sy ampsgenoot van die Ivoorkus, Alassane Ouattara, tydens sy staatsbesoek aan Suid-Afrika. Ramaphosa en Ouattara sal bilaterale samesprekings voer, teenwoordig wees by die ondertekening van ‘n aantal ooreenkomste en ‘n Suid-Afrika Ivoorkus-sakeforum toespreek. Die regering sê in ‘n verklaring die Gesamentlike Kommissie oor Samewerking sal die bilaterale betrekkinge tussen die twee lande bestuur. Die kommissie het nege ooreenkomste van verstandhouding en ooreenkomste in die landbou-, mynbou-, vervoer-, telekommunikasie- en verdediging-sektore onderteken.