Ivana Trump sterf op 73

Die voormalige Amerikaanse President Donald Trump se eerste vrou, Ivana Trump, is dood. Volgens berigte is die 73-jarige vrou bewusteloos naby ‘n trap in haar huis in New York Stad aangetref en die vermoede bestaan dat sy geval het. Die Trumps is in 1992 geskei na ‘n huwelik van 15 jaar. Hulle het drie kinders, Donald Junior, Ivanka en Eric. Trump het haar as ‘n wonderlike, pragtige en merkwaardige vrou beskryf wat ‘n goeie en inspirerende lewe gelei het.