Italiaanse aktrise (95) wil politiek betree

‘n Afgetrede Italiaanse aktrise sal volgende maand haar kans in die plaaslike verkiesing waag, omdat sy keelvol is vir politici wat heeltyd stry kry. Gina Lollobridga, wat in Julie vanjaar haar 95ste verjaardag gevier het, wil as senator vir ‘n alliansiegroep in die land staan. Lollobridga sal as ‘n onafhanklike kandidaat in die stad Latina staan. Die groep waarvan sy deel vorm, is teen die regering van Mario Draghi, huidige eerste minister, gekant en ondersteun Italië se uittreding uit die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie en die Europese Unie.