Israelse diplomaat by Addis-beraad uitgegooi

‘n Senior Israelse diplomaat is die naweek uit die Afrika-unie-spitsberaad in Ethiopië verwyder terwyl ‘n dispuut oor die land se akkreditasie by die blok eskaleer het. Die ambassadeur Sharon Bar-Li is deur sekuriteitspersoneel uit die ouditorium begelei. ‘n AU-woordvoerder Ebba Kalondo sê Bar-Li is verwyder want sy is nie die geakkrediteerde Israelse ambassadeur in Ethiopië nie. ‘n Amptenaar sê ‘n nie-oordraagbare uitnodiging is slegs aan Israel se ambassadeur, Aleli Admasu, gestuur.