Israel vlieg nog na Rusland

Israel het waarborge ter waarde van 30 miljard Namibiese dollar verleng vir sy lugrederye wat na Rusland vlieg. Dit sou vandag verstryk het. Die stap deur die Israelse regering het kritiek ontlok terwyl verskeie Westerse lugrederye in die Europese Unie, Kanada en Amerika, Rusland boikot oor sy inval in Oekraïne. Israel se premier, Naftali Bennett, het volgens berigte nie by die boikot aangesluit nie.