Israel stem (weer), Bibi wil terugkom (weer)

Israeli’s het vandag vir die vyfde keer in minder as vier jaar weer gaan stem, met voormalige premier, Benjamin Netanyahu, wat poog om ‘n terugkeer te maak. Netanyahu, bekend as Bibi,  staan tereg op aanklagte van korrupsie, wat hy ontken, maar sy regse Likud-party sal na verwagting steeds die meerderheid in die parlement kry. Die finale meningspeilings verlede week toon egter dat hy nog min van die 61 setels het wat hy benodig vir ‘n meerderheid in die Knesset met 120 setels, wat die vooruitsig van weke van koalisietwiste en moontlik nuwe verkiesings weer in die vooruitsig stel.