Israel bring regsoptrede teen Frankryk

Israeli se minister van Buitelandse Sake, Israel Katz, sê hulle gaan diplomatiese en regsoptrede teen Frankryk instel. Dit volg nadat Frankryk besluit het om Israelse maatskappye wie se wapens in Gaza en Libanon gebruik word, te verbied om volgende maand aan die toonaangewende vloot-wapenhandelskou in Parys deel te neem. Katz beskryf die boikot as ʼn maatreël teen demokrasie wat veral tussen vriendelike nasies onaanvaarbaar is. Die Franse president, Emmanuel Macron, het verlede maand ʼn wapenverbod teen Israel gevra.