Isipingo-besoedeling: Wat van die bestaansvissers?

Die KwaZulu-Natalse Bestaansvissers-forum is bekommerd die groot aantal dooie visse wat die Isipingo-strand besoedel, kan versprei en ‘n groter uitwerking veroorsaak. Die woordvoerder, John Peter, sê kleinskaalse vissers sal die meeste geraak word aangesien hulle oor die algemeen werkloos is en nie kos kan vang om hul gesinne te voed nie. Hy sê die oorsaak van die probleem is nog nie duidelik nie, maar dit is vermoedelik ‘n rioollekkasie: