IS verantwoordelik vir kerkaanval in Nigerië

Nigerië se nasionale veiligheidsraad sê die onlangse aanval op ‘n Katolieke Kerk is vermoedelik die werk van die Islamitiese Staat Wes-Afrika-provinsie of die Iswap-groep. Veertig mense is verlede Sondag in die Ondo-staat dood en tientalle beseer toe gewapende mans tydens ‘n kerkdiens op die gemeente losgebrand het. Volgens internasionale media is dit die eerste aanval in die suide van Nigerië deur die vegters met IS-bande en dui waarskynlik daarop dat die groep se geweld uitbrei.