Is Namibië beleggersvriendelik?

Namibië is soos enige ander land hard deur die Covid-pandemie getref en die ekonomie is op ‘n laagtepunt. Nou dat die ekonomie stadigaan besig is om te herstel, word vrae oor internasionale beleggers gevra. Is hulle gereed te belê en waarna kyk hulle om Namibië as beleggingsland te kies. Ekonoom Cons Karamata sê beleggers wil voordeel uit beleggings trek en sal kyk na onder meer korporatiewe belastingtariewe.