Is dit Rick se lied? Klink darem baie so…

Rick Astley dagvaar die kletsrymer Yung Gravy oor sy Betty (Get Money)-treffer wat Astley sê op sy Never Gonna Give You Up-treffer van 1987 gebaseer is. Besluit jy self: 

Die totale eis is nie in die stukke wat by die hof in Los Angeles ingedien is nie maar beloop blykbaar miljoene Amerikaanse dollar en tantieme op Betty (Get Money).