Iran is verantwoordelik vir Ukraine International Airlines se ongeluk

Iran is ten volle verantwoordelik vir die neerstort van Ukraine International Airlines se vlug PS752 in 2020, waarin 176 mense gesterf het. Daar is egter nie bewyse dat dit met voorbedagte rade gedoen is nie, toon ‘n verslag van die regering in Kanada.