Irakse burger in aanhouding oor Taylor Swift-konsert komplot
‘n 18-jarige Irakse burger word in Wene aangehou in ondersoeke na ‘n beweerde komplot om ‘n Taylor Swift-konsert aan te val. Oostenryk se binnelandse sake-minister, Gerhard Karner, sê hy kom uit dieselfde kring as die hoofverdagte, ‘n 19-jarige Oostenryker met Noord-Masedoniese agtergrond. Die Irakse verdagte het op 6 Augustus trou aan die Islamitiese Staat jihadiste-groep gesweer, maar dit is onduidelik of hy ‘n direkte verband met die beplande aanval gehad het. Nog verdagtes sal ondervra en eiendomme deursoek word terwyl die ondersoek voortgaan.