IPPR reageer op minimumloon-gesprekke

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het gereageer op die afgelope verhore oor die nasionale minimumloon wat deur die Lone-kommissie onder die Namibiese arbeidsministerie gehou is. Tydens die proses is verskeie insette deur verskeie sektore en rolspelers gelewer. Kritiek is ook uitgespreek oor vakbonde wat ‘n minimumloon van 20 Namibiese dollar per uur voorgestel het. Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus oor die nasionale minimumloon.