IPPR plaas kubermisdaadwette in die soeklig vandag

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing bied vanaf nege-uur vanoggend tot een-uur vanmiddag ‘n bespreking, Dialoque on Dangers, aan wat sal fokus op kubermisdaadwette en menseregte in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Verskeie sprekers sal aan die woord wees soos die Media Instituut vir Suider-Afrika, Misa, se beampte in Namibië, Thomas Zulu, asook Nompilo Simanje van Misa Zimbabwe. Frederico Links van die instituut, wat ook een van die sprekers is, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.