IPPR: Ouditeur-generaal moet groter rol in begrotings speel

Volgens Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het Namibië gedaal in die wêreldranglys oor begrotings-deursigtigheid en -aanspreeklikheid wat deur die International Budget Partnership gepubliseer is. Die oop begrotings-opname is die wêreld se enigste vergelykende, onafhanklike en gereelde beoordeling van deursigtigheid, toesig en openbare deelname aan openbare begrotings in 120 lande. Namibië se deursigtigsheidtelling het van 51 in 2019 tot 42 in 2021 gedaal. Die instituut se direkteur, Graham Hopwood, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Hopwood het ook voorgestel hoe die kantoor van die ouditeur-generaal sy rol kan speel.