IPPR: Deursigtigheid nodig in groenwaterstof-sektor
Beleidskenners sê deursigtigheid is noodsaaklik in die groenwaterstof-sektor. Die Namibiese regering sê hy het gekies om sy 24 persent-aandeel in Hyphen Hydrogen Energy se groenwaterstof-projek teen ‘n minimum koste van 16 miljard Namibiese dollar te finansier om homself te beskerm teen stygende koste van ekwiteits-kapitaal. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê egter die regering moet die besluit vir die 24 persent-belang in die Hyphen-projek baie noukeurig oorweeg en ook die potensiële risiko’s wat daaraan verbonde is, aan die publiek duidelik te maak. Die direkteur van die instituut, Graham Hopwood, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…