iPhone? Opdateer dringend!

Apple het ‘n nood-programmatuurbywerking uitgereik ná ‘n swak plek gevind is wat spioenasie-sagteware toelaat om ‘n iPhone, Apple Watch of Mac-rekenaar te beïnvloed. Die skadelike programmatuur word toegeskryf aan die NSO-groep van Israel se Pegasus-program. Dit dring stelsels binne sonder dat die gebruiker op enige iets kliek. Die Kanadese internetsekuriteitswaghond, Citizen Lab, het die sagteware op ‘n onbekende Saoedi-aktivis se foon gevind. Apple het in ‘n blog-inskrywing teen die sagteware gewaarsku wat ‘n skadelike PDF-lêer kan skep.