‘IPC ontvang nie befondsing van buitelandse bronne nie’

Die Regstellende Herposisionering-beweging se leier Job Amupanda het lelike aantygings gemaak toe hy ‘n beroep op die publiek vir finansiële bydraes gedoen het. Hy sê die beweging ontvang geen geld van gedefinieerde institusionele of goed gevestigde bronne nie, anders as bestaande politieke partye wat fondse van die parlement, die Chinese, Londen of deur korrupsie ontvang. Die Londen-aanmerking is gemik op die IPC al is die sogenaamde Britse brief as vals bevestig. Die IPC se nasionale voorsitter Brian Black het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.