IPC, LPM kry hofbevel, en toegang tot verkiesingsinligting
Regters Nate Ndauendapo, Beatrix de Jager en Orben Sibeya het die IPC en LPM se aansoeke, , wat saamgevoeg is, as dringend aanvaar en die Verkiesingskommissie opdrag gegee om verskeie inligting aan die partye te verskaf. Ndauendapo het die hof se bevel gegee.
Die kommissie moet die partye op 18 en 19 Desember toegang gee en partye moet teen 16 Desember hulle verteenwoordigers identifiseer. Die Namibiese polisie moet tydens die proses teenwoordig wees.