IPC hou sy setel op Swakopmund

Voorlopige uitslae in die tussenverkiesing op Swakopmund toon dat die Independent Patriots for Change sy setel behou het met 3 625 stemme wat sy kandidaat Louisa Kativa op haar verenig het. Ndara Salomon van Swapo het 3 122 stemme ontvang, met die LPM se Hilaria Musheko wat 1 362 stemme op haar verenig het. Die PDM se Lelanie Pascheka het 672 stemme gekry. Die ander kandidate was almal onder 500 stemme, met 9 918 totale stemme wat getel is.