IPC en LPM se aansoeke vandag in die hof

Die IPC en die LPM se dringende aansoek in die Verkiesingshof oor aspekte van die Nasionale Vergadering-verkiesings kom nege-uur voor regters Nate Ndauendapo, Beatrix de Jager en Orben Sibeya voor. Die partye dagvaar die Namibië Verkiesingskommissie, die kommissie se uitvoerende hoof Elsie Nghikembua, en president Nangolo Mbumba in afsonderlike sake wat saam aangehoor word. Hulle daag nie die uitslae uit nie maar die wettigheid van die proses. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Henk Mudge van die Republikeinse Party, wat die saak ondersteun.