Inwoners van Oshakati kry huise deur die Build Together-projek

Die eerste fase van die Build Together-projek op Oshakati skop vandeesmaand af. Altesaam 150 inwoners en hul families wat tans in sinkhuise woon, sal binnekort steenhuise ontvang. Oshakati-dorpsraad se woordvoerder, Katarina Kamari, het gesê die fase sal vir vyf jaar van krag wees en fokus op mense met lae inkomste. Sy het gesê die dorpsraad het 12 miljoen Namibiese dollar vir die projek opsy gesit en 80 000 Namibiese dollar word deur ‘n huiseienaar oor 20 jaar aan die dorpsraad terugbetaal.