Inwoners van Olympia sal skietery hoor, dis net Nampol wat oefen

Die Namibiese polisie gaan môre en oormôre ‘n skietoefening by die Israel Patrick Iyambo Polisiekollege in Olympia in die hoofstad hou. Inwoners in die woonbuurt sal geweerskote tussen agt-uur soggens tot vyf-uur die middag hoor, maar word verseker dat dit geen gevaar vir hulle sal inhou nie. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê daar is geen rede vir paniek nie.