Inwoners van Krugersdorp sê weermag moet ontplooi word

Gemeenskapslede in Krugersdorp, in die weste van Johannesburg, eis die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag moet in die gebied ontplooi word. Dit volg ná die bendeverkragting van agt vroue en ‘n rooftog deur vermoedelik buitelanders terwyl ‘n span ‘n musiekvideo by ‘n mynhoop opgeneem het. Meer as tagtig mense is reeds in daaropvolgende polisie-optrede in hegtenis geneem. ‘n Gemeenskapsleier, Nicolene Trom, sê inwoners leef in vrees: