Inwoners van Distrik Ses moet hul stem laat hoor

Die Wes-Kaapse regering doen ‘n beroep op die gemeenskap van Distrik Ses in Kaapstad om hul stem te laat hoor. Die provinsiale woordvoerder vir menslike nedersettings, Matlhodi Maseko, sê die provinsie wil ‘n omvattende begrip hê van die stryd waarmee eisers te kampe het. Maseko sê die nasionale regering het die oorhandiging van 108 behuisingsgeleenthede by die ontwikkeling in Hanoverstraat vertraag. Sy sê dit het tans ‘n uitwerking op ander grondherstel- en behuisingsgeleenthede in Distrik Ses.