Inwoners in Noorde moet vir twee weke water spaar

Inwoners in die Noorde moet vir ten minste twee weke water opgaar weens tegniese probleme wat met die Calueque-skema ondervind word. Waterpompe is al vir twee dae af en lei tot ‘n afname van watertoevoer in die kanaal na die Oshakati-aanleg. Volgens ‘n verklaring van NamWater, sal watertoevoer daagliks tussen tien-uur die aand tot vyf-uur die oggend onderbreek word, asook tussen elf-uur die oggend tot drie-uur die middag. Die dorpsrade van Ongwediva en Ondangwa het inwoners gemaan om water spaarsamig te gebruik totdat die watertoervoer tot normaal terugkeer. Abraham Nehemia, die uitvoerende hoof van NamWater, verduidelik die situasie aan Kosmos 94.1 Nuus.