SA regering verwelkom S&P se onveranderde kredietgradering

Die Suid-Afrikaanse regering verwelkom die kredietgraderingsagentskap S&P se besluit om Suid-Afrika se langtermyn buitelandse en plaaslike skuldgradering onveranderd op rommelstatus te hou, met ‘n positiewe vooruitsig. Die maatskappy sê die regering se ekonomiese en fiskale hervormings kan die land se medium-termyn groei en skuld-vooruitskatting verbeter. S&P het ook die land se lae buitelandse skuldposisie uitgesonder, asook die buigsame geldeenheid en binnelandse kapitaalmarkte, as kredietsterkpunte wat as ‘n kussing teen eksterne en stygende finansiële risiko’s kan dien.