Internetkoste: Staatsgedrewe konsolidasie verlaag plaaslike mededingendheid

Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese kommunikasie-owerheid Cran, Emilia Nghikembua, sê in terme van mededingendheid in die internet-mark het Namibië sy leidende rol in Afrika verloor as gevolg van staatsgedrewe konsolidasie in die sektor en die aansienlike vermindering in mededinging. Terwyl die res van die vasteland ‘n stelselmatige daling in die prys van mobiele breëbanddienste ervaar, het pryse plaaslik toegeneem. In die eerste kwartaal in 2016 was die land vierde goedkoopste teenoor die 33ste posisie in dieselfde tydperk in 2021. Nghikembua voeg by dat die twee mark-reuse geprivatiseer moet word. Sy sê die sektor moet herstruktureer en maniere ondersoek word vir private beleggings sowel as om die vlak van mededinging te verbeter.