Internasionale reisagente eis inentings

Plaaslike media berig dat internasionale reisagente eis dat personeel by diensverskaffers in die toerisme sektor ingeënt moet wees voor hulle ‘n bespreking vir hulle kliënte maak. Die sektor doen sedert April vanjaar ‘n beroep op almal in die bedryf om so vinnig as moontlik in te ent. Volgens Gitta Paetzold van die Namibiese Gasvryheidsvereniging is daar talle agente wat inenting as ‘n voorwaarde van ‘n bespreking reeds toepas. Op die oomblik is Namibië in ‘n baie swak posisie met lae inentings, talle gevalle en onbekende variante. Sy sê alleenlik ‘n daling in gevalle en toename in inentings sal Namibië weer ‘n aantreklike bestemming maak.