Internasionale perspektief op SA korrupsie

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het ‘n internasionale perspektief oor Suid-Afrika se wetgewing teen korrupsie en die beskerming van fluitjieblasers verkry. Lamola het met die sekretaris-generaal van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling, Mathias Cormann, in Frankryk en met ministers van justisie in Rome, Italië, ontmoet. Die ministeriële woordvoerder, Chrispin Phiri sê Lamola het waardevolle insigte bekom.