Internasionale fliek tans in die hoofstad geskiet

Internasionale filmproduksies is weer besig om na Namibië te kom. Dis ‘n miernes van bedrywighede waar tans in Robert Mugabelaan in die omgewing van Windhoek Hoërskool en die Alte Feste Museum in die hoofstad verfilm word. Caillin Basson, die produksiebestuurder, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is tans besig met ‘n internasionale produksie van Epad in samewerking met Zero One Film. Namibië se talentvolle aktrise, Girly Jazama, speel saam met ‘n bekende Duitse akteur in die rolprent.