Internasionale Energie-agentskap sê uitrol van hernubare energie vind vinniger as ooit plaas

Die Internasionale Energie-agentskap sê die uitrol van hernubare energie vind vinniger plaas as ooit tevore en 2021 is ‘n rekordjaar vir groen energie. Die jongste markverslag oor hernubare energie sê sterker beleid en verhoogde klimaatsdoelwitte het gehelp om groen energie vanjaar tot nuwe hoogtes aan te vuur. Die meeste groei van hernubare energie kom vanaf China, die wêreld se grootste koolstofuitstraler. Die agentskap se uitvoerende direkteur, Fatih Birol, sê die uitbreiding van hernubare energie in China dui daarop die land kan lank voor 2023 ‘n hoogtepunt in sy CO2-uitstralings bereik.