Internasionale Dag vir Ouer Persone gevier

Vandag word Internasionale Dag vir Ouer Persone gevier. Annemarie Bezuidenhout is ‘n woordvoerder van Badisa, ‘n Wes-Kaapse organisasie sonder winsoogmerk. Sy sê die regering sal nooit doeltreffend in die beskerming en bevordering van ouer mense se regte kan voorsien as die gemeenskap nie aktief saamwerk nie. Bezuidenhout doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om die regte van ouer mense te respekteer, te beskerm en te bevorder deur op hulle behoeftes te fokus.