Interessante sterrekunde-kursus in Julie aangebied

Die Namibiese Akademie vir Toerisme en Gasvryheid bied kort kursusse aan vir opleiding vir toeristegidse. Die eerste kursus in sterrekunde gaan in Julie aangebied word. Dit volg nadat die Universiteit van Namibië en die Radboud Universiteit van Nederland ‘n ooreenkoms onderteken het, wat studente van die twee universiteite sal betrek wat teleskope bou. Die aansoekvorm is by die akademie beskikbaar. Waldi Fritzsche, opleidings-koördineerder van die akademie het met Kosmos 94.1 Nuus oor die astronomie-kursus gesels…