Interessante ontleding oor bouplanne in die hoofstad

Simonis Storm in die hoofstad het ‘n interessante ontleding gedoen van die onlangse bouplanne wat Stad Windhoek goedgekeur het. Die makelaarsfirma sê aanbouings by huise in verskeie gebiede kan wees as gevolg van die impak van Covid met werknemers wat kantore tuis inrig of, dit kan wees omdat die inperkings en die huidige ekonomiese uitdagings, mense meer by die huis hou. Theo Klein van Simonis Storm het die syfers so uiteengesit.