Intelligensiesentrum deel sedert 2014 Fishrot-inligting

Die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab sê dat die Finansiële Intelligensiesentrum sedert 2014 inligting aan wetstoepassers in verband met die Fishrot-saak verskaf. Volgens hom was 714 besighede, 304 individuele bankrekenings en 65 onwettige bates betrokke.