Insette oor hoenderinvoer-protokolle gevra

Die ministerie van handel het lede van die publiek en rolspelers in die hoenderbedryf gevra om insette te lewer in verband met die standaard bedryfsprosedure wat die ministerie verlede jaar daargestel vir hoenderinvoere. Die ministerie het in Februarie verlede jaar invoere vanaf 1 500 metrieke ton tot 1 200 metrieke ton beperk om die plaaslike bedryf te ondersteun. Die standaard bedryfsprosedure handel oor hoe die invoerkwota deur die ministerie bestuur sal word. Invoerders van hoenderprodukte word deur die prosedure geraak.