Inlyn-hokkie: Namibiese junior vroue in eindstryd by Wêreldskaatsspele

Die Namibiese junior hokkievroue kan vanaand die Namibiese vlag hoog in die internasionale arena laat wapper. Hulle speel om agt-uur Namibiese tyd in die eindstryd teen Amerika by die Wêreldskaatsspele 2022 se inlynhokkie-kampioenskap in Buenos Aires, Argentinië. Die Namibiese junior vrouespan het die gasheerspan in die halfeindstryd met 8-1 geklop. Namibië is ‘n gunsteling vir die goue medalje ná ses weghol-oorwinnings teen Amerika, Colombië, Brasilië, Italië en Argentinië.